Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dit kook by Wamakers-kombuis

Dit kook by Wamakers-kombuis
 
2010-03-25

Johan Nel

ALTESAAM 14 studente het ingeskryf vir die heel eerste kursus in kookkuns wat deur die Wamakersvallei-opleidingsentrum op Wellington aangebied word.

Volgens Sannie Nel, wat die kursus spesiaal vir die sentrum opgestel het en dit tans daar aanbied, is die nuwe kursus toegespits op persone wat reeds ’n betrekking as huishulp beklee en wat graag hul kookvaardighede verder wil opknap.

Die kursus word ook spesiaal verryk deur addisionele lesings wat van tyd tot tyd deur deskundiges in veral die gasvryheidsbedryf by die kursus gelewer word.

Een van hierdie lesings is verlede week aangebied deur Botha van Dyk, senior omgewingsgesondheidspraktisyn van die Kaapse Wynland-distriksraad. Hy het aan die kursusgangers die noodsaaklikheid kom onderstreep van skoon en higiëniese voedselbereiding.

Onder die ander spesialiste wat binnekort by die kursus gaan optree, is ’n wynkundige wat ’n lesing gaan aanbied oor die korrekte gebruik van wyn by etes.

Die kursus duur twee maande. Kursusgangers woon dit een maal per week op ’n Dinsdag of op ’n Donderdag by en die koste vir die kursus beloop R1500.

Hierdie bedrag sluit spesiale kookdrag vir elke kursusganger asook ’n volledige handleiding en ’n handige resepteboek in.

Meer besonderhede kan verkry word deur 021-873-5942 te skakel.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za