Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekamping van berge vullis in Wellington

Bekamping van berge vullis in Wellington
 
2010-03-25

Christine Siebrits

NA aanleiding van die berig, “Nog planne vir berge vullis” (Paarl Post 28 Januarie) het raadslid Johann von Wielligh en sy Wyk 2 komiteelede ’n uitnodiging gerig aan Hannes du Preez (bestuurder van die munisipale oorlaaistasie in die Paarl) en Ronald Brown (ingenieur in beheer van munisipale afvaldienste) om meer te vertel van hul planne rondom ’n skoner Drakenstein, veral met betrekking tot Wellington.

Ook teenwoordig by die vergadering was amptenare verbonde aan die Kaapse Wynland Distriksraad.

Daar is beklemtoon dat die klem hier val op die hantering van afval en nie rommelstrooiing nie. Daar word daagliks vaste afval van tot 300 ton in die Drakenstein gebied gekompakteer.

Dit is dus vanselfsprekend dat die stortingsterreine se leeftyd maar bra kort is.

Oplossings word tans ondersoek soos byvoorbeeld herwinning, die maak van kompos en selfs die omsit van afval om krag op te wek.

Ronald Brown sê dat sonder die samewerking van die breë publiek sal die probleem nie opgelos kan word nie.

Elke huiseienaar of huisbewoner en elke besigheid moet eienaarskap neem van sy onmiddellike omgewing.

Vullis “voor jou deur” is inderwaarheid ’n misdaad teen die samelewing en die hulp van wetstoepassers moet ingeroep word om op te tree veral teen onwettige storting op oop erwe.

Brown het gesê dat daar intens navorsing gedoen word om ’n bewusmakingsproses te loods ten opsigte van herwinning.

Hierdie boodskap is baie gunstig deur die komiteelede ontvang en daar is voorgestel dat Wyk 2 dien as die proefkonyn in hierdie herwinningsprogram.

Wyk 2 stel hul ook beskikbaar om te help met ’n bewusmakingsplan vir huiseienaars en besighede sodat “Operasie Skoonvee” in werking kan tree. Brown het ’n klagtenommer (021-807-4715) in die lewe geroep en gesê hy nooi almal wat klagtes het, om te skakel.

“Indien jy besoedel, moet jy betaal.”




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za