Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonners maak skoon

Wellingtonners maak skoon
 
2010-03-25

Johan Nel

BINNE vier maande nadat Wellington se mense vir die eerste keer besluit het hulle dorp gaan nóú uit die wurggreep van rommelstrooi verlos word, spog dié dorp met skoner strate, skoner woonbuurte en ’n pragtige, skoon stasie-terrein.

In November verlede jaar het Marita van Tonder, voorsitter van Wellington se Verfraaiingskomitee, die Wellington Eienaars (Wen) Projek op ’n vergadering van die Wellingtonse dinkskrum Oop Gesprek bekend gestel.

Van Tonder het by daardie geleentheid gesê dat die Verfraaiingskomitee deur hulle Wen-projek wil probeer om Wellington se mense aan te spoor om self hulle dorp te begin verfraai en netjies te hou.

Kort op die hakke van die Wen-projek het Gertie Smit se Aksie teen Rommelstrooiing gevolg.

Hierdie omvattende opvoedingsaksie is daarop gemik om elke skool, elke kerk en soveel as moontlik van Wellington se organisasies ten nouste te betrek by ’n nuwe veldtog om die dorp skoon en netjies te hou.

Volgens Smit is een van hul nuwe projekte “Stapper vir Wellington” besonder suksesvol. Voetslaners deurkruis die dorp met ’n spesiale draadsteker in die hand waarmee papiere en plastieksakke wat in die strate rondlê, opgetel en in vullisdromme afgelaai word.

Wellingtonners wat aan hierdie projek wil deelneem, kan ’n gratis draadsteker by die Inligtingskantoor in Hoofstraat afhaal.

Die stasie-terrein van Wellington was vinnig besig om ’in n tamaai rommelhoop te verander. Die lede van die Railway Commuter Forum, ’n organisasie wat bestaan uit Bolanders wat elke dag van treinvervoer gebruik maak, het besluit om saam met die bestuur van die Metro-treinsdienste elke stasie in en om die Boland skoon en netjies te maak.

Hulle eerste projek was die Wellington-stasie.

Volgens David Maloney, ’n koördineerder van die forum, het hulle voorverlede Vrydag met 70 vrywilligers op die Wellingtonse stasie toegesak en alle rommel in en om die stasie opgetel en in vullishouers geplaas.

“Die merkwaardige van hierdie opruimingspoging is dat elkeen van die meer as 70 mense wat kom help het, ’n vrywilliger was. Hulle het nie ’n sent vir die dag se harde werk ontvang nie.

“Metro-treindienste het wel agterna uit erkentlikheid vir elkeen ’n gratis iets te ete gegee,” het Maloney gesê.

Almal wat betrokke is by die pogings om ’n rommelvrye Wellington te skep, sê dat die ongekende sukses van die afgelope vier maande meer as genoeg bewys is dat die doelwit van ’n rommelvrye Wellington beslis binne die volgende maand of twee bereik kan word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za