Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Staatmaker oorlede

Staatmaker oorlede
 
2010-04-01


’n BEKENDE Paarliet, Thelma Oosthuizen, is verlede week kort voor haar 87ste verjaarsdag oorlede in die Paarl MediClinic ná ’n kort siekbed.

Oosthuizen, oorspronklik van Zimbabwe, was vir dekades aan die stuur van sake by die welsynsorganisasie ACVV se Noorder-Paarl-tak in Gimnasiumstraat, hoofsaaklik as voorsitter.

Sy het in 1957 by die ACVV aangesluit, dieselfde jaar dat haar man, Mannie, die prokureursfirma Oosthuizen & Kie geopen het. Dáár was sy betrokke by die dag tot dag finansiële bestuur van die onderneming.

Hierdie finansiële kundigheid was onmisbaar vir die ACVV, en was tot onlangs nog op ’n daaglikse basis betrokke by die bestuur van hierdie inrigting wat vir haar soos haar “alma mater” was.

Sy word oorleef deur twee seuns, Martin en Hanré, ’n dogter Karin, en twee kleinkinders. Die begrafnisdiens is vandag om 10:00 in die Toringkerk.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za