Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun sterf aan kanker

Seun sterf aan kanker
 
2010-04-01


’n TIENERSEUN van die Paarl het Vrydagaand sy stryd teen kanker verloor.

Verlede week nog het Stephen du Toit (15) hernieude hoop gehad nadat ’n geskikte skenker gevind is sodat hy ’n beenmurgoorplanting kan ondergaan.

En sy pa, polisieman Morné, was druk besig om Stephen se vierwiel-aangedrewe motorfiets vir hom te omskep na sy eie spesifikasies, sodat dit reg sou wees vir sy tuiskoms.

Stephen was verlede jaar ’n aktiewe graad 9 leerder aan Hoërskool Labori, maar is in Mei met bloedkanker gediagnoseer.

Hierna het hy en sy familie ’n dapper maar taai stryd gevoer teen dié siekte, en daar was onlangs nog hoop dat die stryd gewen kon word.

Hy is verlede week na Panorama Hospitaal om gereed te maak vir die oorplanting, maar Vrydag het hy ’n terugslag beleef toe hy ’n longinfeksie opgedoen het. Hy is dieselfde aand oorlede.

Familielid, Jacolene Schaffer, het gesê dat Stephen tot op die laaste positief was dat hy sou herstel.

“Hy wou net weer op die rug van sy vierwieler klim.”

Johan Batt, skoolhoof van Labori, het gesê dat hy en sy personeel diep geskok is deur Stephen se dood.

“Hy het goed gevorder en ons het gehoop dat hy volgende kwartaal weer by ons sou aansluit.”

Stephen word oorleef deur sy pa, ma Lindie en suster Melandie (12). Hy is gister vanuit die NGK Paarlvallei ter ruste gelê.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za