Inligting gesoek ná ongeluk
2010-04-08
NÁ ’n tragiese ongeluk verlede maand wat die lewe van ’n jong man geëis het, soek die familie steeds antwoorde oor die oorsaak van die ongeluk.
Rupert Odendaal (33) het op die aand van 17 Februarie gesterf, toe sy motor die Lady Loch-pad verlaat het naby die kruising met die Malmesbury-pad. Ten tyde van die ongeluk was Odendaal se vrou, Natalie, sewe maande swanger. ’n Private ondersoeker, Sakkie Buys, sê dit lyk asof die bestuurder van ’n ander motor die ongeluk sien gebeur het en hard rem getrap het. Enigiemand met inligting kan vir Buys skakel by 083-305-8984
More
News
|