Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raad 'systap'

Raad 'systap'
 
2010-04-08


TERUGRAPPORTERING is ’n groter probleem binne Drakenstein as wat die delegering van opdragte is.

Só het Koos Louw, DA-raadslid, tydens voorverlede week se munisipale raadsvergadering opgemerk, waar daar ’n besluit geneem is oor hoe die nuwe delegasiestelsel van Drakenstein Munisipaliteit gaan lyk.

Adv Jan Koekemoer, ’n kenner van munisipale wetgewing, het onlangs dié stelsel hersien in opdrag van die Raad.

Besorgdheid oor of die Raad sy verantwoordelikhede wil systap deur die verslag so te aanvaar, is uitgespreek.

Die DA het by monde van Louw gesê dat hulle baie ten gunste van só ’n stelsel is, maar dat daar te min tyd was om die verslag van 150 bladsye behoorlik onder oë te neem.

Charmaine Manuel, burgemeester, het in antwoord hierop gesê die verslag is in lyn met wetgewing en dat die Raad nie aangestel is om die administrasie te “mikro-bestuur” nie.

Die verslag is aanvaar, maar raadslede sal nou ’n spesiale werkswinkel hou om die verslag se besonderhede te bespreek.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za