Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sonvangers bekyk

Sonvangers bekyk
 
2010-04-08

Johan Nel

SONVANGERS, ’n boeiende boek oor die gemeenskappie van verstandelik gestremdes wat in Sunfield buitekant Wellington woon, het pas verskyn.

Dis ’n boek wat die leef- en dinkwêreld van verstandelik gestremdes en van die mense na aan hulle, op uitsonderlike wyse teken.

Die boek, in groot formaat, met pragtige foto’s bied ’n wye verskeidenheid kort, bondige stories wat jou aan die hart gryp.

Jy sal wéét Sunfield is ’n nuwe wêreld waar verstandelik gestremdes hulleself, ondanks ontsaglike beperkinge, ten volle kan uitleef, mens kan wees en gelukkig kan wees.

Die stories in Sonvangers wissel van stories wat jou aan die hart gryp - stories van ouers en familie wat aanvanklik gesukkel het om te verstaan waarom ’n kind of ’n broer of ’n suster so weg van jou af sy of haar pad in hierdie Sunfield-wêreld moet kom vind; daar is feitelike stories wat die lewe in Sunfield beskryf; hier en daar is daar ’n storie wat deur een van die inwoners self geskryf is.

Al die stories is met ’n stewige band van fyn humor aanmekaar vasgemaak: sommige van Sunfield se mense se stories is plek-plek skreeusnaaks, ander is egter stories propvol liefde en deernis en omgee vir mekaar.

Verskeie bekende skrywers soos Riana Scheepers en Winnie Rust, het ook bydraes tot die boek gelewer.

Agter op die laaste bladsy van Sonvangers het een van die samestellers geskryf: hulle draai hul koppe na die son-party sekuur ander skeef en krom - maar son bly son bly son. Sonvangers staan onder redaksie van Rita Gilfillan en Marianne Collen, wat elkeen ’n kind in Sunfield het.

Die boek is met die hulp van borgskappe uitgegee. Dit kos R225 by 021-873-5038.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za