Hengelkompetisie
2010-04-22
DIE Wielie Walie Speelskool bied op 1 Mei ’n hengelkompetisie aan te Noorder-Paarl Dam van 08:00 tot 15:00. Daar is verskeie kontantpryse op die spel en ’n geluktrekking word ook gehou. Slegs een vis per persoon sal by die inweeg toegelaat word. Hengelaars is dus self verantwoordelik om hul swaarste vis uit te hou en na die inweeg te neem. Hengelaars moet hul eie hounette saambring en geen vis mag vanaf die dam verwyder word nie. Kompetisiereëls sal op 1 Mei om 07:00 met die deelnemers bespreek word en die reëls sal ook by die dam opgesit word. Kaartjies is R50 per stok (R30 vir kinders) by Wielie Walie. Verversings sal ook te koop wees. Vir navrae, kontak Philip by 082-828-7464 of Charlene by 082-925-7238.
More
News
|