Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sunfield prestreer

Sunfield prestreer
 
2010-04-22

Johan Nel

DIE swem- en bocce-spanne van Sunfield by Wellington het onlangs buitengewoon goed presteer op twee nasionale sportbyeenkomste wat in Pretoria en in die Strand gehou is.

By die SASA-somerspele vir gestremde swemmers wat einde Maart in Pretoria plaasgevind het, was die swemmers van Sunfield deel van die span van die Wes-Kaap.

Volgens Sharane April, afrigter van Sunfield se swemspan, het Betty Lou Miller van Sunfield altesaam 15 medaljes in die afdeling vir Downs-sindroom-deelnemers losgeslaan.

Sy het ook ’n spesiale trofee ontvang vir haar deelname aan die aflos vir Downs-sindroom-swemmers en is aangewys as lid van die skaduspan wat in Oktober vanjaar na Taiwan gaan om daar aan ’n internasionale swembyeenkoms deel te neem.

Ander deelnemers van Sunfield wat baie goed by die byeenkoms in Pretoria presteer het, is Steward Goodall wat ’n goue medaljie in die 25m borsslag en twee silwer medaljes in die 50e rugslag en 50m aflos losgeslaan het. Dirkie Bester het ’n brons medalje in die 50 meter rugslag losgeslaan, Petrus Botha ’n brons medaljes in die 50 meter rugslag, die 200 meter borsslag en die 200 meter aflos terwyl Tania Brink met ’n brons medalje in die 200 meter aflos spog.

Op ’n spesiale provinsiale gala wat op 14 April in die Strand gehou is, het Betty Lou Miller weer twee goue medaljes en ’n silwer medalje losgeslaan, Lindy Nupen ’n silwer en ’n brons medalje en Alison Raine ’n brons medalje.

Steward Goodall het by dieselfde geleentheid ’n goue medalje gewen, Charlie Mitchell, Petrus Botha en Tania Brink elkeen ’n silwer medalje en Tania Brink en Dirkie Bester het ook elkeen ’n brons medalje ontvang.

Betty Lou Miller is gekies tot die nasionale span wat in September vanjaar aan ’n byeenkoms in Stellenbosch gaan deelneem.

Volgens Dawid Baartman, afrigter van Sunfield se bocce-span, gaan die spesiale provinsiale byeenkoms in Mei plaasvind.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za