Man gekaap vir wyn
2010-04-22
’n MAN met drank en kontant in sy motor, is Donderdagaand deur gewapende rowers gekaap en beroof in Paarl-Oos. Daniel Titus het met sy voertuig stilgehou by die verkeerslig in Klein Drakensteinweg naby die ou polisiestasie. Hy is in sy motor oorval deur twee mans en ’n vrou. Een persoon het ’n vuurwapen teen sy kop gedruk. In Bokmakieriestraat is 40 papsakke wyn uit die voertuig verwyder asook R1500 kontant. Ricardo Arries, Henry Henson en Samantha Isaacs in kort hierna in hegtenis geneem.
More
News
|