Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skok oor fietsrylegende se dood

Skok oor fietsrylegende se dood
 
2005-09-15


“PETER het verder gestap as enigiemand anders,” het Ian Goetham, sekretaris van Boland Fietsryunie, aan die Paarl Post gesê oor Peter Nicholson se betrokkenheid by fietsry.

Die fietsry-gemeenskap is die naweek geruk deur die nuus dat dié bekende loodgieter en fietsry-legende van die Paarl, sy eie lewe geneem het.

Die polisie het Saterdag omstreeks 20:30 Nicholson se liggaam in sy bakkie gevind op die Sonstraalpad, naby die Spes Bona Garage.

Hy het ’n halfuur vroeër die polisie se beheerkamer geskakel en gesê hy gaan sy eie lewe neem.

Hartseer vriende en familie het vandeesweek bespiegel oor hoekom hy tot die daad oorgegaan het.

Hy is swaar getref deur die dood van sy groot vriend en mentor, Japie Green, se dood bietjie meer as ’n week gelede.

Ook op fietsry-gebied is hy erg geraak deur die feit dat hy nooit Springbok-kleure gekry het nie, hoewel hy gedurende die apartheidsjare een van die bekendste bruin fietsryers was.

Hy was ook ontsteld omdat sy dogter, Magdaline, nie in die SA-fietsryspan opgeneem is wat onlangs deelgeneem het aan die internasionale baanfietsry-byeenkoms vir juniors in Oostenryk nie.

Nicholson het in Port Elizabeth grootgeword, waar hy van jongsaf in sport belang gestel het.

Van sokker en rugby het hy geskuif na fietsry en op 4 Julie 1972 kruis sy paaie die eerste keer met die Bolandspan en die Jantjies-broers, van die groot name in fietsry.

Boet Jantjies, wat ook by hom gewerk het, is die een wat ’n onuitwisbare indruk gelaat het. Nicholson het gesê dat Jantjies vir hom soos ’n eie broer was.

Japie Green het Nicholson se talent raak gesien en hom Paarl toe genooi. Hy kom bly by die Greens en begin saam met die Boland-span oefen.

Deur die jare het sy fietsry-loopbaan en sy werk as loodgieter ineengevleg.

In 1983 het hy Nicholson Plumbing begin. In 1995 het sy dogter, Nicolene, saam met hom begin werk en verlede jaar het hulle die 21ste jaar van dié baie suksesvolle onderneming gevier.

Geborg

Nicholson was al die jare betrokke by die Yorkshire-klub, wat hy ook finansieel geborg het. Die laaste jare was hy betrokke met afrigting en hy was altyd daar met raad en daad.

Hy was kassier van Yorkshire en onlangs is hy ook gekies as tesourier van die Boland-unie. In 2001 was hy ook betrokke by die stigting van dié unie.

“Hy was ’n beginselvaste mens wat geglo het in regverdigheid,” vertel Kevin Green, wat hom ook reeds jare ken.

“Dit is wat hom so gegrief het in fietsry - dat mense kon maak en breek soos hulle wil en skotvry daarvan afkom.”

Nicholson het ’n oop hand gehad, veral as dit by sport kom.

Benewens fietsry, het hy ook verskeie rugbytoernooie geborg.

Hy laat sy vrou Christina, vyf dogters (Rosaline, Magdaline, Christaline, Nicoline en Nicolette), asook drie kleinkinders agter.

Die begrafnis is Saterdag om 09:00 uit die Rooms-Katolieke Kerk in Barbarossastraat.

* Paarlites were shocked by the suicide of a cycling legend.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za