Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Datums om smouse te skuif, kom en gaan, maar smouse bly staan

Datums om smouse te skuif, kom en gaan, maar smouse bly staan
 
2010-04-29

Christine Siebrits

DAAR word lank reeds gepoog om die straatsmouse op die sypaadjies in Kerkstraat, Wellington, te verskuif. Die meeste stalletjies staan voor die historiese, boomryke Victoriapark.

Werkloses hang bedags daar rond en slaap ook snags in die park.

Vroeg elke oggend is daar ’n groepie munisipale werkers wat die park skoonmaak van al die rommel wat veral saans daar gestrooi word – genoegsame vullishouers ten spyt.

Volgens Susna du Toit van die Wellington Verfraaiingskomitee het hul klagtes by die munisipaliteit oor byna twee jaar geen hond haaraf gemaak nie, selfs ná gesprekke met die burgemeester.

Ingevolge die Munisipale Verordening oor Informele Handel, is dit onwettig vir ’n straathandelaar, venter of smous om handel te dryf sonder toestemming van die Munisipaliteit.

Sover vasgestel kan word, is dit ook onwettig om enigsins handel te dryf voor of binne ’n nasionale gedenkwaardigheid.

In ’n brief aan Fabian Sitzer (Drakenstein Munisipaliteit Direktoraat: Strategiese Dienste) gedateer 8 April, skryf Susna du Toit: “In ons vorige gesprek met u en die agbare burgemeester, Charmaine Manuel, in Desember 2009, het ons die kwessie van die regulering van smouse in Wellington en die onwettige staan van die smouse voor Victoriapark bespreek (gesprekke dateer al van Februarie 2008.)

“Tydens ons Desember-gesprek het u vir ons die allerlaaste datum van einde Januarie gegee, wat ons optrede van u kon verwag. Om u meer grasie te gee, is die datum deur ons geskuif na die middel Februarie.

“Tot op hierdie tydstip het u ons verseker dat al die smouse nie geregistreer het nie, maar dat dit gedoen sal wees teen einde Februarie. Hierdie datum het helaas ook gekom en gegaan en die smouse staan nog steeds.

“Op 10 Maart het ons weer ’n opvolggesprek gevra om te hoor waar ons staan met hierdie voortslepende saak. Die gesprek het plaasgevind in die munisipale kantore in Bredastraat met u, ’n verteenwoordiger van die smouse in Drakenstein, Eugenie Wiggins (Verfraaiingskomitee), Johann von Wielligh, Attie Barnard (Wellington Sakekamer) en ekself (Verfraaiingskomitee).

“Hiertydens het u reeds drie plekke geďdentifiseer waarheen die smouse sou skuif. Vanaf 20 Maart sou wetstoepassing begin het, indien die smouse nie na die toegewysde persele verskuif het nie. Helaas, die omstandighede het nog glad nie verander nie!

“In ’n daaropvolgende gesprek met mnr J Syster, wetstoepassingbeampte in Wellington, het hy my verseker dat hy nie eens bewus was van die persele waarheen die smouse sou gaan nie!

“In sy woorde: Mevrou, hoe kan ek dissipline toepas as die huis nog nie in orde is nie?”

Tydens ’n gesprek met mnr Syster op 29 Maart, het hy vir Du Toit weer eens verseker dat die drukproses van die permitkaartjie die rede is vir die oponthoud, maar dat D-dag vir die smouse 30 Maart sou wees.

Sitzer antwoord dat hy reeds “smous verbode” borde aangekoop het en dit sal eersdaags opgesit word. Die smouse sal na Mellingstraat verskuif word.

Hy voer verder aan dat die formele besluit om die stappe te bekragtig en operasies deur wetstoepassing op 14 April onderneem sal word.

Sitzer noem ook dat aansoeke ontvang is om ’n mark binne in die park te skep.

Du Toit is egter van mening dat die Erfeniskomitee, gegewe die historiese waarde van Victoriapark, nie toestemming sal gee vir enige aansoek om ’n mark daar toe te laat nie.

“Die ontsiering daarvan met informele stalletjies, sal afbreuk doen aan die hele Wellington.

“Die risiko sal ook baie groot wees dat Kerkstraat, en ander strate in die omgewing, net so vuil en wetteloos sal wees soos Hoofstraat op ’n Saterdagoggend,” sę Du Toit

Nou wag alle Wellingtonners in spanning om te sien of die Munisipaliteit woord gaan hou of nie.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za