Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Misdaad vasgevat

Misdaad vasgevat
 
2010-04-29

Johan Nel

DIE Wellingtonse misdaadkenner, Attie Barnard, sê dat Wellington een van die min plekke in Suid-Afrika is wat daarop kan aanspraak maak dat misdaadvlakke in en om die dorp besig is om te daal.

Volgens Barnard kan hierdie uitsonderlike verskynsel toegeskryf word aan die feit dat daar oor die afgelope twee jaar baie noukeurig statistiek gehou is van die voorkoms van misdaad op die dorp.

Dit het daartoe gelei dat Wellingtonners baie beter onder mekaar oor misdaad begin kommunikeer en dat hulle ook met ander oë na misdaad op die dorp begin kyk.

“Ons het twee jaar gelede begin om ’n epos-nuusbrief aan Wellington se mense uit te stuur waarin ons, in samewerking met die polisie op die dorp, noukeurig verslag doen oor die voorkoms van misdaad in en om die dorp,” sê Barnard.

“Hierdie nuusbriewe dui presies aan hoeveel huisbrake, motordiefstalle, aanrandings en ander misdade daar in die voorafgaande maand op die dorp gepleeg is.

“Die nuusbrief word tans maandeliks aan net meer as 4500 inwoners uitgestuur. Dit het tot gevolg dat ons voortdurend strome inligting oor verdagte mense en gebeure telefonies en per e-pos van Wellingtonners ontvang. Die inligting word dadelik na die plaaslike polisie deurgestuur.”

Die groter bewustheid oor misdaad wat deur die nuusbriewe geskep is, tesame met die deeglike sektor-polisiëring wat deesdae deur die plaaslike polisie toegepas word, het Wellington se misdaadvlakke oor die afgelope twee jaar beduidend laat daal.

Misdadigers begin besef dat daar deesdae in Wellington baie oë is wat hulle bewegings dophou.

Die inwoners van die dorp begin nou ook verstaan dat indien hulle ’n misdaad in of naby wonings wil aanmeld, die polisie se reaksie-tyd aansienlik versnel word as jy die selnommer van die patrollie-voertuig van die sektor waarin jy woon, direk skakel.

As jy die nommer skakel, lui die foon in die betrokke polisie-voertuig wat op daardie oomblik waarskynlik besig is om jou sektor te patrolleer.

Die kontakbesonderhede van die verskillende sektor-voertuie op Wellington is: sektor een (Wellington-Suid) 082-302-1933, sektor twee (industriële gebied) 082-302-1904, sektor drie (Wellington middedorp, Noord en Oos) 079-894-1235 en sektor vier (plase om Wellington) 082-469-1502.

Barnard is daarvan oortuig dat die land se vraagstukke van oorvol tronke en oorvol hofrolle nie deur meer tronke en meer howe aangespreek sal kan word nie.

Daar is net een oplossing: Soos wat in Wellington besig is om te gebeur, moet elke landsburger ’n groter bewustheid van misdaad begin opbou.

In Wellington kan die voorkoms van misdaad aansienlik verder verminder word indien inwoners nog meer misdaad-bewus kan raak.

Die maklikste manier om die bewustheid te kweek, is volgens Barnard om te sorg dat jy die misdaadforum se gereelde nuusbrief ontvang en dat jy leer om met die polisie en die mense om jou te práát as jy van ’n misdaad in jou omgewing bewus raak.

Om op Wellington se misdaad-nuusbrief in te teken, skakel 082-853-2827 of stuur ’n e-pos na attie@mattelo.co.za




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za