Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aksie geloods om Huis Cummings te red

Aksie geloods om Huis Cummings te red
 
2010-05-13

Christine Siebrits

PRESIES twee jaar gelede, gedurende die nag van 13 Mei 2008, het die pragtige historiese koshuisgebou, Huis Cummings, op Wellington afgebrand.

Omdat die gebou ’n Nasionale Gedenkwaardigheid is, het almal gedink herstelwerk en restourasie sou vinnig volg. Maar die jare het gekom en gegaan en vandag staan die gebou nog net so - aan die genade van die elemente oorgelaat. Dis net die bosduiwe en die uile wat tans die gebou beset.

Tot hede toe is geen mate van beskerming teen nattigheid getref om die binnekant van die gebou te bewaar nie en die skelet gaan nou sy derde winter binne.

Restourasie gaan miljoene rande kos omdat die gebou nie voldoende verseker is nie.

Maandelange onderhandelinge deur die eienaars, die Wes-Kaapse Sinode van die NG Kerk, het nog niks opgelewer nie.

Kostes styg by die dag en die gebou gaan al hoe meer agteruit. En so gaan ’n kosbare kultuurskat verlore.

By ’n onlangse vergadering van die Vriende van die Wellingtonse Museum is ’n ernstige pleidooi gelewer dat dit tyd geword het dat die gemeenskap ’n veldtog loods vir die herstel van Huis Cummings.

Daar moet versoek word dat dit ten minste tydelik beskerm word teen verdere verval, want dit blyk dat om die miljoene te bekom voordat restourasie uiteindelik plaasvind, dalk nog dekades kan duur.

Mense wat betrokke wil raak, kan vir Olivia le Cordeur by die Wellington Museum kontak of epos stuur aan d.j.s@mweb.co. za.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za