Moord-verdagte
2010-06-04
DIE beskuldigde in ’n hofsaak ná die moord van ’n matrikulant van Klein Nederburg Hoërskool het Dinsdag in ’n volgepakte hofsaal in die Paarlse Streekhof verskyn. Luzane Hendricks (20) word daarvan beskuldig dat hy die 18-jarige Reagan Wessels op straat met ’n mes doodgesteek het. Die beskuldigde was glo al vantevore in ’n onderonsie met Wessels betrokke. Gemoedere het hoog geloop binne en buite die hof waar die families van sowel die beskuldigde as die slagoffer aanwesig was. Die saak is tot 5 Julie uitgestel vir verhoor. Hendricks is uit op borgtog.
More
News
|