Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


AmaBele Bele roei vir borskanker

AmaBele Bele roei vir borskanker
 
2010-06-04

Lise Beyers

AGT jaar gelede het Minette van der Walt se lewe byna tot stilstand gekom toe sy met borskanker gediagnoseer is.
Maar min het sy geweet dat hierdie vreesaanjaende siekte die begin sou wees van ’n avontuur van ’n leeftyd.

Ná ’n dubbele mastektomie het Minette al hoe meer begin lees oor vrouens wat in dieselfde bootjie as sy gesit het.

En so het sy letterlik in die bootjie beland van die amaBele Belle.

Hierdie besonderse draakboot-renspan bestaan uit vroue uit alle vlakke van die samelewing wat die stryd aangesê het teen borskanker.

Draakboot-renne is ’n boot-resies van ’n heel ander kleur. Dit het meer as 2400 jaar gelede in China ontstaan, met helderkleurige bote, elk met ’n span roeiers, wat teen mekaar meegeding het op die oop water.

In moderne tye het hierdie sport herleef, maar eers in 1992 het dit posgevat in Suid-Afrika.

Intussen het dr Don McKenzie, ’n sportmedikus verbonde aan ’n Kanadese universiteit, hierdie draakboot-resies met groot belangstelling waargeneem.

Self ’n gretige roeier, het McKenzie ’n span vroue betrek om navorsing te doen oor die effek van bolyf-oefening op borskanker.

En so het draakboot-renne posgevat onder borskanker-pasiënte, en het nou ook ontaard in ’n integrale bewusmakings veldtog.

Vir Minette is dit ’n besondere voorreg om by hierdie spesiale groep vrouens betrokke te wees.

“Ek was nog nooit betrokke by sport nie, maar toe ek hoor van hierdie sport en die mense wat daarby betrokke is, wou ek dadelik deelneem daaraan.

“Ek het die span gekontak en voor ek my oë kon uitvee, was ek ’n amaBele Belle.”

Op een slag is daar 20 roeiers op die boot, tien aan elke kant, dan ook ’n stuur-vrou agter, en aan die voorkant ’n tromspeler om die pas aan te gee.

Die amaBele Belle oefen twee keer ’n week, dwarsdeur die jaar, in die Waterfront in Kaapstad. Van die vroue ry van so ver as De Doorns om deel uit te maak van die span.

“Dit is groot pret en ons is soos ’n familie. Die sport is baie kompeterend, maar ons geniet dit baie en ondersteun mekaar voortdurend.

“Draakboot-renne is ’n uitstekende manier van spanbou, en in ons geval, bou ons aan nuwe lewens met wonderlike mense in ons geledere.”

En tussendeur geniet Minette die volle ondersteuning van haar man Ruhan, en seun Dian (7).

Minette en die amaBele Belle vertrek Maandag na Kanada waar hulle aan die tweede draakboot-toernooi vir Borskanker-oorlewendes in Petersborough gaan deelneem.

Tydens die eerste so ’n toernooi wat in Singapoer gehou is in 2006, het die amaBele Belle teruggekom met ’n trofee en silwermedaljes vir hul poging.

Die gewildheid van hierdie sport is bewys, nadat die deelname in hierdie resies gegroei het van maar net 17 spanne, tot vanjaar se 70 spanne wat deelneem.

AmaBele Belle samel ook hul eie fondse in om deelname aan hierdie toernooi moontlik te maak. Vanjaar is hul hoofborg MediClinic, en deurgaans sal hul hare in tip-top kondisie gehou word, te danke aan ’n vrygewige skenking van plaaslike haarkapper Volker Gast.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za