Maria Ross van Klein Drakensteinweg, Paarl-Oos, het verlede Sondag haar 100ste verjaarsdag saam met familie en vriende in die Strauss-saal gevier. Hier word sy by die funksie geluk gewens deur parlementslid Deetlefs du Toit. Volgens ouma Ross is die geheim van haar hoë ouderdom dat sy haar moeder en vader geëer het. Haar moeder het die ouderdom van 102 jaar gehaal. Sy self het sewe kinders gehad (waarvan vier reeds oorlede is), 23 kleinkinders en 29 agterkleinkinders.