Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Verhoor begin ná dood van 17-jarige

Verhoor begin ná dood van 17-jarige
 
2010-06-17

Liezl Dyson

DIE moordsaak wat verband hou met die raaiselagtige dood van ’n tienerseun van Klapmuts het Dinsdag in die Paarlse Streekhof begin.

Francois Pretorius van Bellville staan tereg op aanklagte van moord of alternatief strafbare manslag.

Adriaan Plaatjies (17) is glo op 28 Maart 2009 op heterdaad betrap toe hy by ’n motor ingebreek het tydens ’n troue by Rusticana buite Klapmuts.

Plaatjies is die volgende oggend gevind deur ’n groep mense wat met hul honde gedraf het, sowat 4km vanaf Rusticana.

Hy is kort hierna dood, vermoedelik weens ’n geskeurde lewer. Hy het glo erg na drank geruik.

Pretorius wat dié aand een van die gaste by die troue was, staan nou tereg op die moord van Plaatjies.

Hy het onskuldig gepleit. Luidens ’n verklaring wat Pretorius tydens ’n vorige verskyning ingedien het, ontken hy betrokkenheid by die aanranding van Plaatjies.

Esmé Ross, wat ook by die troue was, het getuig toe sy buite kom het Pretorius vir haar gesê dat by haar motor ingebreek is en dat Pretorius met sy voet op die “kind” se nek gestaan het terwyl hy hom aan sy een hand vashou. Daarna is sy na haar motor toe.

“Toe ek teruggaan van my voertuig af, was die kind weg. Ek weet nie hoe die kind weg is daarvandaan nie,” het sy gesê.

EJ Ross (Esmé se seun) wat ook die troue bygewoon het, het getuig dat Barry Stander hom en sy pa tydens die troue kom haal het omdat iemand by hul motor ingebreek het.

Hy het getuig dat hy en sy pa na die motor toe is en dat hy die seun (Plaatjies) op die grond sien lê het.

“Ek het na die kar toe geloop en gekyk of al my goed daar is.”

Hy het gesê hy het gesien hoe Stander die seun tot oorkant die grondpad sleep. EJ het gesê dat hy later die aand vir die eienaar van Rusticana vertel het van die voorval en gaan wys het waar die seun lê.

“Toe ek en die eienaar by hom kom, het ek aan sy wang getik om te kyk of hy nog by sy bewussyn is. Hy was wakker en hy was baie deurmekaar. Ek het hom gevra of hy enige pyn het en hy het ja gesê, sy maag is seer.”

Hy het gesê dat hy en die eienaar van Rusticana die seun opgehelp het en dat hy die seun deursoek het om te kyk of hy dalk van hulle eiendom op hom het.

“Daarna het hy geloop, hy was van balans af maar hy het geloop, en ek is terug saal toe.”

Volgens Ross het hy nooit gesien dat iemand Plaatjies aanrand nie.

Die saak is uitgestel tot Donderdag 19 Augustus.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za