Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Chris Wüst oorlede na hartoorplanting

Chris Wüst oorlede na hartoorplanting
 
2005-09-22


’n BEKENDE inwoner van Wellington en ingenieur by Drakenstein Munisipaliteit, Chris Wüst, is Maandag oorlede.

Wüst (44), het op 14 Mei ’n hartoorplanting in die Christiaan Barnard Hospitaal in Kaapstad ondergaan.

Op 3 Junie, sy vrou Suzan se verjaardag, het hy huis toe gekom.

Hy het goed herstel ná die operasie en was vol moed.

“In alles het ons die hand van die Here ervaar,” het hy in ’n brief in die Paarl Post gesê.

Hy het onlangs ook weer begin werk.

Wüst het in 1999 hartskade opgedoen, vermoedelik weens ’n griepvirus.

Vir vyf jaar is die toestand met medikasie beheer, maar ’n pasaangeër is verlede jaar tevergeefs ingeplant.

Hy word oorleef deur sy vrou, Suzan, en drie kinders Lea-Marie (12), Carli (10) en Suzanne (6).

Die teraardebestelling is Vrydag 10:00 met die diens om 11:00 in die NGK Wellington-Oos.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za