Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Twee vroue vereer vir gemeenskapsdiens

Twee vroue vereer vir gemeenskapsdiens
 
2005-09-22


BY die Prestige-funksie van die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) wat verlede week in die Paarl gehou is, is toekennings vir gemeenskapsdiens aan twee Paarliete, Ina Rens en Brenda Pagel, oorhandig deur die Paarlse Afrikaanse Skakelraad.

Ina Rens het die Prestige-toekenning vir uitsonderlike welsynsdiens ontvang.

Sy is voorsitter van die bestuur van Huis Vergenoegd en het onlangs na 18 jaar uitgetree as voorsitter van die ACVV-hoofbestuur wat deur 117 takke maatskaplike dienste lewer in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap.

Sy dien op die Streekswelsynsraad Wes-Kaap wat koördinerend toesig hou oor welsynsorganisasies.

Sy was ook betrokke by die totstandkoming van die Paarlvallei Kinder- en Gesinsorgvereniging en die Rusthof tehuis vir bejaardes in Paarl-Oos, asook die Paarl-skool vir serebraalgestremdes in Brackenfell.

Brenda Pagel het die toekenning vir besondere kultuurprestasie (vir uitsonderlike diens op plaaslike vlak) ontvang.

Sy was betrokke by die Paarlvallei Kinder- en Gesinsorg en die Kankervereniging (ook as Wes-kaapse streekraadslid), en is tans voorsitter van die Drakenstein Heemkring en La Rochelle oudskolier-unie asook bestuurslid van die ACVV Paarl.

Sy was die stigter van die Libra Vroueklub en die Paarlse Junior stadsraad.

* Two Paarl women, Ina Rens and Brenda Pagel, have been honoured by the FAK for their service to the community.





More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za