Polisie sukses
2010-07-22
Lise Beyers
Konstabel Beiron Truskey van die polisie se eenheid teen familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (fcs) het onlangs groot sukses gehad om verkragters agter slot-en-grendel te kry.
Abraham Samuels is vir 15 jaar toegesluit nadat hy skuldig bevind is van die verkragting van ’n vyfjarige kind op ’n plaas op die Wemmershoekpad.
Willem Galant sal vir die volgende 12 jaar min sonskyn sien, nadat hy ook skuldig bevind is aan die verkragting van ’n vrou op Laborie Landgoed.
En Nkosikho Nyalela, sal vir vyf jaar sit vir poging tot verkragting in Fairyland.
More
News
|