Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tweejarige is oupa se held

Tweejarige is oupa se held
 
2010-07-22

Liezl Dyson

KLEIN Zeeck Solomon (2) van Paarl-Oos is sy oupa se held nadat hy verlede week sy oupa se lewe gered het.

Gail Prent, Zeeck se ouma, wat deur die dag na hom kyk, vertel dat Zeeck en sy oupa Henry Prent buite was toe Henry sy bewussyn verloor het.

“Ek was besig in die huis terwyl Henry buite in die son op ’n stoel gesit het en Zeeck het daar gespeel. Zeeck het vir my kom sê ‘Mamma come see pa fall and blood, maar hy praat onduidelik en ek het nie notisie geneem nie.”

Gail het gesê toe sy uitkyk by die venster en nie haar man op die stoel sien nie het sy gedink hy het tot voor by die hek geloop, maar Zeeck het nie so gou moed opgegee nie en hy het weer probeer om sy ouma te kry om hom te verstaan en sy oupa te help.

“Hy het my aan my hand gevat en gaan wys waar sy oupa lê. Toe ek daar kom was daar oral net bloed.”

Sy het haar man in die stegie sien lê, met bloed wat uit sy kop loop.

Hy het vermoedelik sy bewussyn verloor en geval. ’n Buurman het gehelp om hom by die hospitaal te kry, waar die wond teogewerk is. Hy was ná die voorval vir drie dae in die hospitaal, waar hy gesê het dat Zeeck sy klein held is.

Volgens Joy Solomon, Zeeck se ma, het haar pa ’n hele paar jaar terug ’n beroerte gehad wat sy spraak aangetas het en kon hy nie om hulp roep nie.

“As dit nie vir my klein seuntjie was nie was my pa dalk nie meer by ons nie,” het Joy gesê.

* A two year old saved his grandfather’s life by calling his grandmother to help the unconscious man after he had fallen in an alley and was suffering from concussion.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za