AKTV toer na die Weskus
2010-08-05
DIE Wellington-tak van die ATKV gaan op Saterdag 4 September weer met ’n toergroep na die Weskus om blomme te kyk. Die toerbus vertrek om 07:30 vanaf Hugo Rust Laerskool. Die eerste stop is die orgidieëplaas te Darling. Volgende stop is Langebaan waar van die mooiste blomme te sien is. En dan ’n moontlike draai by Jacobsbaai. ’n Heerlike weskusete word deur Saldanha se ATKV-tak by die Hoedjiesbaai Hotel, voor op die see, voorgesit. Die terugrit is via Hopefield. Bespreek betyds by Musiklood in die Paarl (R150) of skakel vir Hannelie Smit by 083-4178-948 of Hentas Kotzé by 083-309-7411.
More
News
|