Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kookkursus vir huishulpe

Kookkursus vir huishulpe
 
2010-08-26

Johan Nel

ESTELLE Coetzee is die nuwe instruktrise van die tweede reeks kookkursusse wat tans deur die Wamakersvallei-opleidingsentrum op Wellington aangebied word.

Die kursusse, wat op Donderdae en Vrydae onderskeidelik in Afrikaans en Engels aangebied word, duur agt weke en sal teen die middel van September ten einde loop.

Volgens suster Iréne de Waal van die sentrum kan daar op die oomblik tien Afrikaanssprekende en tien Engelssprekende studente op ’n slag opgelei word. Sy het ’n beroep op huisvrouens gedoen om hierdie geleentheid aan te gryp om hul huishulpe te help om nie alleen hul vaardighede as kokke te verbeter nie, maar ook om die geleentheid te benut om ’n waardevolle ekstra kwalifikasie as huishulp te bekom.

Baie van die persone wat op die oomblik die kursusse volg se werkgewers het hulle vir die kookkursus ingeskryf en betaal die kursusfooie van R1500.

Daar sal later vanjaar ook ’n derde reeks kursusse aangebied word. Dit sal op 7 en 9 Oktober begin en vroeg in Desember ten einde loop. Meer besonderhede kan by 021-873-5942 verkry word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za