Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue van Huis Cummings gedenk

Vroue van Huis Cummings gedenk
 
2010-08-26

Christine Siebrits

’n BAIE geslaagde Vrouedagviering is in die Wellington Museum aangebied, ter herdenkings van die drie vroue van Huis Cummings - Abbie Ferguson, Anna Bliss en Anna Cummings.

Hierdie drie vroue het diep spore in die geskiedenis van Wellington getrap toe hulle in die 19de eeu deur ds Andrew Murray “ingevoer” is om te voorsien in die groeiende opvoedkundige behoeftes van veral dogters.

Die Seminarium vir dogters is gestig op die beginsel van die Mount Holyoke skool wat deur Mary Lyon in Amerika ontwikkel is.

Namate die behoefte na verdere onderwys vir meisies gegroei het, het die gedagte van ’n kollege ontstaan en uiteindelik op 15 Desember 1896 het die vroue in prosessie gestap na die plek waar Huis Cummings opgerig sou word om die hoeksteen te lê.

Die opening, twee jaar later in 1898, was tweedoelig. Eerstens het dit saamgeval met die 25ste verjaarsdag van die Seminarie, en tweedens vier dit die feit dat die ideaal om die pragtige gebou sonder enige skuld te open, verwesenlik is.

Winnie Rust se vertelling van die vroue van Huis Cummings het die gehoor geboei. Dit is gevolg deur ’n voorstelling van ’n baie ou, byna sterwende Abbie Ferguson (gespeel deur Eugenie Wiggins), in gesprek met ’n jong boeremeisie, Eliza (gespeel deur Cornelia du Preez). Die toneel speel af in Huis Cummings.

Abbie Ferguson het in 1910 uitgetree as president van die Kollege, en nog nege jaar daar aangebly, tot haar dood op 26 Maart 1919.

George Ferguson skryf in die boek The Builders of Huguenot: “The influence of that quiet room was as a fountain of sweet waters flowing upon the whole institution”. Dit weerspieël die invloed van Abbie Ferguson selfs in haar laaste dae.

Na afloop van hierdie voorstelling, het die gehoor in stilte gesit - so diep het die voorlesing almal geraak.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za