Ooggetuie gesoek na motorongeluk
2010-09-16
DIE polisie op Wellington versoek die hulp van die publiek om inligting te bekom oor ’n motorongeluk wat op 13 Maart vanjaar plaasgevind het in die industriële gebied. Die botsing het om 21:00 plaasgevind op die R44 by Wellington Industria tussen ’n VW Polo, ’n VW Golf en ’n Isuzu bakkie. Volgens ooggetuies het ’n vragmotor met veelkleurige ligte agterop, daar stilgehou, maar weer weggery. Die polisie wil graag met die bestuurder van hierdie vragmotor in verbinding tree, want hulle glo dat hy eerstehandse ooggetuienis kan lewer. Inligting kan deurgegee word aan a/o Jolene van Zyl by 021-864-9607.
More
News
|