Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Diesel-diewe krioel op plase

Diesel-diewe krioel op plase
 
2010-09-16


DIESEL-DIEWE pronk alweer in die landelike gebiede, en sommer reg voor die Wellingtonse polisiestasie ook.

Die afgelope naweek het diewe talle liters brandstof vanuit ’n vragmotor gesteel wat reg oorkant die polisiestasie geparkeer was.

Die drywer het vermoedelik by ’n nabye huis ’n uiltjie gaan knip, toe daar toegang tot sy vrag verkry is.

Maar boere loop seker die ergste onder diesel-diewe deur.

’n Woordvoerder van die Klapmuts-polisie, konstabel Naima Vaughan, het gesê dat die diefstal van diesel op ’n gereelde basis plaasvind op plase.

“Dieseltenke word oopgedwing of slotte word afgebreek.

Ons vermoed dat die diewe snags te voet op plase aankom, die diesel steel, en dan word hulle ’n entjie van die plaas af deur ’n motor opgetel. Hulle verdwyn dan spoorloos.”

Vaughan vra dat die publiek die polisie in kennis moet stel indien hulle oor enige inligting beskik oor diesel-diewe, of enige ongerymdhede opmerk.

Die landelike patrollie van Klapmuts kan geskakel word by 082-443-9373 en die residensiële patrollie by 082-302-8140.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za