Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Cummings herstel stadig uit puin

Cummings herstel stadig uit puin
 
2010-09-16

Lise Beyers

BETER later as nooit.

Dit is die mening van Wellingtonners met die langverwagte herstelwerk wat begin het by Huis Cummings, meer as twee jaar nadat hierdie historiese koshuis deur ’n verwoestende brand in puin gelê is.

Die brand het in Mei 2008 ontstaan, vermoedelik weens ’n kortsluiting van ’n verwarmer in een van die studente se kamers.

Weens die baie houtafwerkings het die brand soos ’n veldbrand versprei en net die klipgeraamte van die sandsteen- en granietgebou het bly staan.

Sedertdien staan Huis Cummings soos ’n spookhuis in die hartjie van Wellington.

Maar verlede week het inwoners, wie se harte baie na aan hierdie gebou lê, opgewonde toegekyk hoe ’n span werkers by die gebou begin werskaf.

Tans is bouers besig met fase een van die herstelwerk. Dit beteken slegs dat die buitekantse houtwerk herstel word, dat die dak aangebring word en dat die gebou volkome toegemaak word sodat geen verdere skade binne kan plaasvind nie.

Wanneer genoegsame fondse dan beskikbaar is, sal die herstelwerk ten volle wegspring.

Huis Cummings is een van die eerste geboue van Hugenote Kollege, en is in die laat 1800’s gebou. Dit is nog altyd beskou as ’n besonderse gebou en van historiese argitektoniese belang.

Die werk wat tans daar plaasvind, gee hoop dat die gebou eendag tot sy vorige glorie herstel sal word.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za