Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Konsert in Goodnow

Konsert in Goodnow
 
2010-10-02


DIE Wellingtonse Musiekvereniging bied op Sondagmiddag 3 Oktober om 17:00 ’n uitvoering van nuwe Afrikaanse kunsliedere aan deur tenoor André Serfontein, begelei deur Bennie van Eeden, in die Goodnowsaal.

Hierdie is ’n voorskou van die program wat hulle by die Woordpoort-fees, gereël deur die Universiteit van Pretoria, in Oktober sal aanbied.

Die program bestaan uit “Jeug-liedere” van die komponis Peter Klatzow (wat nog nie vantevore uitgevoer is nie en onlangs herontdek is) asook Peter se toonsettings van die humoristiese verse van Philip de Vos.

Die hoogtepunt van die program is Hendrik Hofmeyr se toonsettings van Uys Krige (wie se eeufees-viering dit vanjaar is) se gedigte, getiteld “Plaashek” spesiaal vir André Serfontein gekomponeer en wat vroeër vanjaar by die Woordfees op Stellenbosch uitgevoer is.

Die NG Moederkerk se kerkkoor (wat vanjaar ’n tweede plek in die Suidooster Koorkompetisie behaal het) gaan ook by die geleentheid optree. Die totale uitvoering sal binne een uur klaar wees, so daar sal genoeg tyd wees om voor te berei vir die aand-erediens.

Die toegang is R40 en sluit ’n glas wyn ná die tyd in. Kaartjies is by die deur besikbaar. Vir navrae, kontak 021-873-1278 of 021-873-2218.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za