Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kersfonds gee helpende hand

Kersfonds gee helpende hand
 
2010-10-07


DIE Paarl Post Kersfonds samel elke jaar fondse in vir die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun.

Die Gemeen- skaps­kas maak reeds aansienlike bydraes tot 30 welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied (sowat R727 000 die afgelope jaar) en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2010 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is die ACVV (Paarl, Noorder-Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek), Rusoord-ouetehuis, Silwerkruin-ouetehuis, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl & Distrik, Drakenstein sentrum vir liggaamlik gestremdes, Amado (perdeterapie vir gestremde kinders), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield-tehuis vir bejaardes Wellington, Andrew Murray Kinderhuis, Paarl Haven nagskuiling, Saron Gemeenskapsdienste en Good Hope Sielkundige Dienste.

Plaaslike kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Trompie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Ncebakazi (gestremde kinders), Amstel-nasorg, Little Stars en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693 (aandag Kersfonds). Navrae by 021-870-4602.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za