Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


’n Arendsnes bied hulp aan afvlerk kuikens

’n Arendsnes bied hulp aan afvlerk kuikens
 
2010-10-15


ARENDSNES op Wellington was nog altyd sinoniem met uitreikprojekte vir straatkinders.

Maar keer op keer lyk dit asof die groot aspirasies van weldoeners tot ’n stilstand kom.

Nou is die bekende pastoor en misdaadbekampingsaktivis, Simon Morris, doelgerig besig om nuwe lewe in hierdie projek te blaas.

Morris en sy vrou, Maria, het hul kerk, Kerk op Dreef, hiér gevestig in die hartjie van Wellington by Hoofstraat 83.

Morris is al baie jare betrokke by onder meer Famsa en gemeenskapspolisiëring en hierdeur het hy ’n behoefte ontdek aan ’n veilige omgewing waar veral vrouens en kinders toenadering kan soek.

“Ons werk hand aan hand met die polisie, maar steeds is mense dikwels te bang of onseker om hul klagtes by die polisiestasie te gaan maak.

“Ons is dus ’n tussenganger tussen slagoffers en die polisie.”

Tans behartig Morris se organisasie bykans 70 klagtes per maand.

“Ek beskik oor ’n bronnelys van talle betrokkenes wie se hulp ons mag benodig, soos regslui en medici. “Ons is almal hier om te help en om slagoffers die regte rigting te wys.

“Ons doel is ook om mense wat keer op keer slagoffers word van geweld of mishandeling, te bemagtig sodat hulle nie weer in dieselfde strik trap nie.”

Morris óf Maria is 24 uur van die dag teenwoordig by Arendsnes om die gemeenskap by te staan, en Maria is dikwels druk agter die kospotte besig om vir behoeftiges maaltye voor te berei. Hulle het ’n handjievol vrywilligers wat hulle bystaan.

* Op 22 Oktober om 10:00 word daar ’n werkswinkel by Arendsnes aangebied deur die Departemente Justisie en Korrektiewe Dienste om die gemeenskap oor hierdie kwessies aan te spreek, asook om hul vrae te beantwoord.

Op 30 Oktober sal regter Siraj Desai hiér ook ’n praatjie lewer.

Pastoor Morris kan geskakel word by 072-756-5419.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za