Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Toringkerk se klok sal weer lui

Toringkerk se klok sal weer lui
 
2010-10-21

Lise Beyers

NOU nie eintlik die boggelrug van Notredame nie, maar Neels Visser kan wél die klokmeester van die Toringkerk genoem word.

Die afgelope ses weke was die bekende klokkespel van hierdie kerk in die Paarl middedorp kenmerkend stil, weens meganiese probleme. En as gevolg van hoë ingenieurskostes het Visser, die kerk se nutsman van agt jaar, self ingespring om die bekende klok te herstel en terselfdertyd die meganismes daarvan te diens.

Die Toringkerk en sy klok is reeds 104 jaar oud, en sy kerktoring pronk op 57 meter as die hoogste kerktoring in die land. Die brons klokke is in 1906 deur J. Smith & Sons in Londen vervaardig.

So is die klanke van sy klokkespel, wat elke 15 minute oor die vallei weerklank, ’n kenmerkende eienskap.

Toe hierdie klanke onlangs stil geraak het, het talle Paarliete snags wakker gelê weens die afwesigheid hiervan.

So het Visser sy lyf dié van klokmeester gehou, en tussendeur die talle ratte, katrolle en yslike gewigte, moes hy die probleem oplos.

Die fout blyk toe te wees ’n stukkende kussingblok wat gekeer het dat die aanwysers aangedryf kon word, en so die reuse klok in die Paarl tot stilte gedwing het.

Visser spandeer daagliks etlike ure saam met Adam Pietbooi om dit te herstel.

“Soms klim ek die 157 trappe daagliks tien keer. Twee groot blikke ghries is gebruik om die meganismes te olie, sowel as twee kanne Q20. En behalwe hierdie stilstand, moet ek twee keer ’n week besoek aflê in die kloktoring om dit op te wen.”

Die opwenning behels om drie verskillende gewigte, met ’n totale gewig van 2,5 ton, individueel op te hys met ’n reuse slinger.

“Hierdie klok is nes ’n babatjie. Hy moet baie mooi versorg word.”

Die klok van die Toringkerk behoort teen die einde van hierdie week weer in werking te wees. En dit nie ’n oomblik te vroeg nie. So is dit net betyds reg vir die afskop van die matriekeksamens.

Dan kan matrikulante snags dwarsdeur studeer met die klanke van die klokke van die Toringkerk as metgesel.

* The clock of the Toringkerk will soon be chiming again after repair work.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za