Kersfonds kry hupstoot by skool
2010-10-28
DIE eerste skenking aan die Paarl Post Kersfonds vanjaar is onlangs ontvang van Laerskool Courtrai. Hul leerders het ’n “civvies”-dag gehou en altesame R1125 ingesamel vir die fonds wat sowat 30 verdienstelike plaaslike organisasies steun via die Wes-Kaapse Gemeenskapskas. Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie. Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is die ACVV (Paarl, Noorder-Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek), Rusoord ouetehuis, Silwerkruin ouetehuis, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl & Distrik, Drakenstein sentrum vir liggaamlik gestremdes, Amado (perdeterapie vir gestremde kinders), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield-tehuis vir bejaardes Wellington, Andrew Murray Kinderhuis, Paarl Haven nagskuiling, Saron Gemeenskapsdienste en Good Hope Sielkundige Dienste. Plaaslike kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Trompie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Ncebakazi (gestremde kinders), Amstel-nasorg, Little Stars en Siyakhula. Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693.
More
News
|