Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nog ’n skool dra by tot Kersfonds

Nog ’n skool dra by tot Kersfonds
 
2010-11-04


NOG ’n skool, die klein Alfons Laerskool in Agter-Paarl met slegs 218 leerders, het met ’n pragtige bydrae van R400 ’n hupstoot gegee vir die Paarl Post Kersfonds wat namens die Wes-Kaapse Gemeenskapskas fondse insamel vir sowat 30 verdienstelike welsynorganisasies in die Paarlvalle.

Die graad vyf leerders van Alfons het verlede week ’n entrepreneursdag aangebied by die skool, en die opbrengs van R400 aan Paarl Post oorhandig.

Saam met die skenking van Laerskool Courtrai, en ’n anonieme skenking van R510,05 staan die insameling nou op R1835,05.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlik bydraes tot hierdie welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied (sowat R727 000 die afgelope jaar) en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2010 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 62152029007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693. Navrae by 021-870-4602.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za