Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bekende oorlede

Bekende oorlede
 
2010-11-04


DIE bekende Paarlse bouer, Heinie de Villiers (84), is Vrydag ná ’n kort siekbed oorlede.

De Villiers was veral bekend vir sy maatskappy, HJA de Villiers Meesterbouers, en was verantwoordelik vir menige bekende bouprojekte, waaronder die NG Kerk Courtrai.

Ander projekte wat hy suksesvol voltooi het, sluit in Fase1 van Huis Vergenoegd, Paarl Gholfklub se eerste klubhuis ná die verskuiwing vanaf Berlynstraat, en die huidige Verkeerskantore in die Bergrivier Boulevard. Van die laaste projekte voor sy aftrede was die Wellington Nywerheidskool vir Dogters.

Heinie was ’n stigterslid van die Boland Meesterbouersvereniging en het een termyn as president van die organisasie gedien en was later ook ’n lewenslange erelid van die vereniging.

Hy word oorleef deur een seun, Peter, en twee dogters, Sandy en Riana. Die begrafnis is vandag om 14:30 vanuit die Strooidak NG Kerk, Paarl.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za