Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Weldoeners vereer deur VSA se TV-koningin Oprah

Weldoeners vereer deur VSA se TV-koningin Oprah
 
2010-11-04

Liezl Dyson

DIE kletskoningin Oprah Winfrey, kry eersdaags besoek uit die Paarl.

Elzabe Broekmann en Candice la Vita van Goeie Hoop Sielkundige Dienste wat aangebied word by TC Newman Daghospitaal in die Paarl, gaan Oprah binnekort in Chicago in Amerika ontmoet, nadat Elzabe ’n kompetisie van O Magazine gewen het.

Candice het vroeër vanjaar deur die tydskrif geblaai toe sy op die artikel afkom wat mense nooi om weldoeners te nomineer. So het sy besluit om vir Elzabe, ’n sielkundige, te nomineer vir die goeie werk wat sy doen.

Elzabe het in 2003 die organisasie Goeie Hoop Sielkundige Dienste in die Paarl geopen en het nie weer teruggekyk nie. Goeie Hoop help met enige lewensprobleem, vir mense van enige ouderdom, sonder koste.

“Toe die diens hier begin is, was daar onmiddellik ’n groot reaksie en daar is altyd ’n waglys van kliënte,” het Elzabe gesê. Dié nie-winsgewende organisasie se gratis dienste word ook by Stellenbosch Hospitaal aangebied. Afsprake kan gemaak word deur 021-860-2730 te skakel en vir die Goeie Hoop Sielkundige Dienste te vra.

In April vanjaar het Elzabe gehoor dat sy die wenner vir Mei-maand is en het so R10 000 van Sasol ontvang vir die kostes van Goeie Hoop se sielkundige dienste.

Die name van die verskeie maande se wenners is by ’n spogfunksie in Johannesburg in ’n hoed gegooi en Elzabe is as die algehele wenner getrek.

Volgens Elzabe het sy eers nie reageer toe hulle haar naam uitroep nie.

“Die gevoel was so oorweldigend, ek het eers half getwyfel of dit my naam is,” lag sy.

Die volgende oggend het Elzabe op televisie verskyn.

“Mense wat my op televisie gesien het, bel my, daar is mense wat sms’e stuur en mense wat my in die straat voorkeer. Dit was selfs in die kerk afgekondig,” vertel Elzabe.

Die prys is vyf dae in Chicago (VSA) vir haar en nog een persoon waar hulle deel sal wees van die gehoor van die Oprah Winfrey Show en persoonlik vir Oprah sal ontmoet.

Elzabe neem vir Candice saam en dié twee gaan ook vier dae op eie koste in Amerika reis. Elzabe wil graag Washington DC sien en bekende kunsmuseums besoek.

En dalk is hulle gelukkig om ’n vertoning by te woon waar Oprah soos gebruiklik haar gunsteling-items vir haar gehoor weggee.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za