Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


By hom kom jy nie verby

By hom kom jy nie verby
 
2005-10-06


BY konstabel Anton Lakay kom jy nie verby nie - nie as jy ’n skelm is nie.

Die konstabel was Vrydagmiddag kort voor vyf-uur op patrollie in die Paarl toe hy twee mans in Eilandstraat sien hardloop het.

“Die mans het baie verdag voorgekom, toe deursoek ek hulle en kry ’n selfoon in ’n sak. Ek het vermoed dis gesteel, toe vra ek dat hulle die pin-nommer moet insit,” vertel die wakker polisieman.

Die verdagtes het nie die nommer geken nie.

Konst Lakay het rondgekyk en ’n man vas aan die slaap agter die stuur van ’n motor langs die Bergrivier opgemerk.

Die motorvenster was oop, en die polisiebeampte vra dat die man, ’n bekende Paarlse slotmaker, die pinnommer moet insit toe hy die telefoon as syne herken.

Dit wás sy selfoon, en so ook die R1 100 wat die diewe uit sy beursie op die passasiersitplek gesteel het terwyl hy sy roes afgeslaap het.

Rodney Isaacs en Errol Arries van Paarl-Oos is in hegtenis geneem.

Dié arrestasie was skaars twee dae nadat konst Lakay op die hoek van Protea- en Houtstraat in die Paarl drie mans gesien rondstaan het.

“Hulle het stokstyf bly staan toe hulle die patrollievoertuig gesien het, en dinge het bra verdag gelyk.

“Ek het gevra of ek hulle met iets kan help. Toe lyk hulle so senuagtig dat ek hulle vir vingerafdrukke na die polisiestasie neem.”

Een van die mans is dadelik positief geïdentifiseer in verband met elf uitstaande inbraaksake en sy vriend met ’n inbraak op Kuilsrivier.

“Hulle het niks gesteelde goedere by hulle gehad nie, maar hulle het beslis nie net vir die lekker daar gestaan nie,” het konst Lakay tevrede gesê.

* A Paarl police constable on patrol does not miss a suspicious character.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za