Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellingtonse vroue vir welsynswerk benoem

Wellingtonse vroue vir welsynswerk benoem
 
2010-11-11

Engela Duvenage

DRAKENSTEINERS kan met die stuur van ’n internet-boodskap help om die drome van ’n eie gebou vir die welwillendheidsorganisasie Ma’s-vi-Wellington te help bewaarheid, nadat hierdie plaaslike groep vrywilligers benoem is in die vrouetydskrifte Sarie en Fair Lady se “Clarins Most Dynamisante Woman”-kompetisie.

Die wenner van die kompetisie, wat reeds die afgelope nege jaar in Suid-Afrika plaasvind, word in Februarie bekend gemaak en sal R200 000 ontvang.

Die kompetisie laat die soeklig val op spesiale vroue wat uitsonderlike werk doen om die lewens van behoeftige kinders op ‘n merkwaardige manier te verbeter.

Stephanie Henderson, dryfveer agter Ma’s-vi’-Wellington, sê dis ’n besonderse eer om as finalis aangewys te word: “Selfs al kan ons dit net as ’n geleentheid gebruik om mense te vertel van ons behoefte aan ’n eie gebou.”

Ma’s-vi’-Wellington bestaan uit ’n groep Christenvroue wat twee keer ’n week kos verskaf en ’n geestelike boodskap en ’n aktiwiteitsprogram bring aan meer as 200 voorskoolse kinders in die woonbuurte Egoli en Carterville.

Dit is ’n nie-winsgewende organisasie wat geen subsidies ontvang nie, en van skenkings en donasies uit die gemeenskap afhanklik is.

“Vir baie van hierdie kinders is die toebroodjie, sop en vrug wat hulle op ’n Dinsdag of ’n Donderdag hier by ons kry, die enigste voedsame ete wat hulle op daardie dag sal geniet,” vertel Stephanie.

“Ons het nie ons eie gebou waar ons bymekaarkom om die kinders te bedien nie,” vertel sy. “As die saaltjie in Egoli wat ons hiervoor gebruik om een of ander rede nie beskikbaar is nie, word ons genoodsaak om met die kinders te werk buite in die reën en wind, of in Wellington se hitte.”

“Ons droom is om ons eie gebou te hê sodat ons baie beter omstandighede kan skep vanwaar ons die kinders kan help en sodat ons op ’n meer gereelde basis ’n verskil kan maak,” sê sy.

“Daarby moet dit funksioneel ingerig wees om onder meer ’n goedtoegeruste kombuis, klein klaskamertjies, ’n gesamentlike bymekaarkomplek en speelplek buite te kan bevat.”

• As jy vir Ma’s-vi-Wellington wil help om die kompetisie te wen, besoek www.sarie.com/lees/artikels/mas-van-wellington en los ’n boodskap ter ondersteuning.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za