Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole bring hul kant

Skole bring hul kant
 
2010-11-18


DIE Laerskool Drakenstein het nie op hom laat wag nie en ook vandeesweek ’n skenking van R500 oorhandig aan die Paarl Post Kersfonds. Saam met ’n skenking van R10 000 van Huguenot Investments en ’n anonieme skenking van R200, bring dit vanjaar se insameling te staan op R18 135.

Daar is nog net drie weke oor om ’n bydrae te maak tot die Kersfonds, wat elke jaar fondse insamel vir die Wes-Kaapse Gemeenskapskas, wat sowat 30 verdienstelike plaaslike welsynsorganisasies steun.

Die Gemeenskapskas maak reeds aansienlik bydraes tot hierdie welsynsorganisasies in die Paarl Post se lesersgebied en lesers word uitgenooi om dié poging ’n hupstoot te gee met bydraes tot die 2010 Paarl Post Kersfonds.

Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei - geen bydraes van ons lesers sal aan begunstigdes buite die Paarl Post se lesersgebied uitbetaal word nie.

Die Gemeenskapskas se begunstigdes in die Paarlstreek is die ACVV (Paarl, Noorder-Paarl, Paarlvallei, Wellington en Franschhoek), Rusoord-ouetehuis, Silwerkruin-ouetehuis, Oase Dienssentrum vir Bejaardes, Badisa Paarl en Wellington, Kindersorg Paarl & Distrik, Drakenstein sentrum vir liggaamlik gestremdes, Amado (perdeterapie vir gestremde kinders), Care Craft werkswinkel vir epilepsielyers in Wellington, Abbeyfield-tehuis vir bejaardes Wellington, Andrew Murray Kinderhuis, Paarl Haven nagskuiling, Saron Gemeenskapsdienste en Good Hope sielkundige dienste.

Plaaslike kleuterskole en kindersorgsentrums wat steun kry, is Wielie Walie, Trompie, Sinethemba, Mamzana, Lingelihle, Ncebakazi (ge­stremde kinders), Amstel-nasorg, Little Stars en Siyakhula.

Ander diensorganisasies wat ook steun kry by Gemeenskapskas is Sanra, Cansa, Rapcan, Famsa, Outisme Wes-Kaap, TB Care, Santa, Hospice, Dementia SA en Diabetes SA.

Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 6215 202 9007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693 (aandag Kersfonds). Navrae by 021-870-4602.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za