Wellingtonse onderwyser sterf
2010-11-25
’n ONDERWYSER aan Wellington Hoërskool is Donderdagoggend skielik oorlede ná ’n asma-aanval. Boccaccio Braaf (32) was by sy woning in Maraisstraat 1, Berg-en-Dal op Wellington, toe hy siek geword het. Hy is die seun van die bekende akteur en drama-opvoeder, Peter Braaf van Kaapstad. Boccaccio was die Tegnologie en Kuns & Kultuur opvoeder by die skool en ook sameroeper van die skool se drama-vereniging, wat goeie resensies ontvang het. Hy het ook provinsiale kleure verwerf as sokkerskeidsregter en was die afrigter van die skool se o.17 sokkerspan. Hy word oorleef deur sy vrou Candice, en Boccaccio jnr (8). Die begrafnis is Saterdag.
More
News
|