Daglellies
2010-12-02
‘DAYLILY PARK’ is ’n tuin vol daglelies in Wellington van sowat een hektaar groot naby die Voortrekker-klubhuis. Die versameling daglelies bestaan uit ’n paar honderd verskillende kleure en is werklik ’n lus vir die oog gedurende blomtyd. Op 4 Desember (09:00 tot 13:00) word ’n opedag gehou waar die publiek genooi word om die blomme te kom geniet. Toegang is gratis. Daar sal daglelies in beperkte hoeveelhede in sakkies beskikbaar wees om te koop. Vir navrae, skakel Anja Smit by 083-675-0396.
More
News
|