Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tragiese einde by troue

Tragiese einde by troue
 
2010-12-02

Lise Beyers

WAT ’n jong paartjie se gelukkigste dag moes wees, het verlede naweek tragies geëindig.

Kim Louw van Wellington en Ivan Coetzer jnr van Panorama se sprokiestroue sou Vrydagaand plaasvind by Nelson’s Creek Landgoed in Agter-Paarl.

Enkele oomblikke voordat die sprankelende bruid na haar toekomstige bruidegom sou stap om in die huwelik bevestig te word, het die bruidegom se pa ineengestort aan ’n massiewe hartaanval.

Fanie Coetzer (61) het voor sowat 80 gaste op ’n stoel gaan sit en daarna op die vloer neergeslaan.

’n Dokter tussen die gaste het hom te hulp gesnel en mond-tot-mond asemhaling toegepas, asook hartmassering. Verskeie ander gaste het nader gestaan om te help om Coetzer aan die lewe te hou.

Hy is per ambulans na die Paarl MediClinic geneem waar hy aan asemhalingstoerusting gekoppel is.

Kort hierna is sy naaste familielede na die hospitaal ontbied om afskeid te neem van Fanie. Hy is kort hierna oorlede.

Daar is besluit om voort te gaan met die huweliksbevestiging in die kapel van MediClinic.

Slegs die naaste familielede was hiér teenwoordig en Ivan en Kim is deur ds Fanie Marais in die huwelik bevestig.

Hierna is hulle terug na Nelson’s Creek, waar hulle die res van die aand met vriende en familie deurgebring het.

Die jong egpaar het nou hul wittebrood uitgestel tot ná Ivan snr se begrafnis wat Vrydag plaasvind in Montagu.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za