Nog net 'n paar dae vir Kersfonds
2010-12-09
NOG ’n skool het ’n pragtige bydrae oorhandig aan die Paarl Post Kersfonds, ten bate van verskeie plaaslike welsynsorganisasies. Die Paarl Primêre Seunskool het R1626,60 oorhandig wat deur hul leerlinge ingesamel is tydens hul Kersmark en WA Joubert het R700 ingesamel. Dit bring vanjaar se fondsinsameling te staan op R24083,86. Daar is minder as ’n week oor om ’n bydrae te maak tot die Kersfonds, wat verdienstelike plaaslike welsynsorganisasies steun wat gekeur is deur die Wes-Kaapse Gemeenskapskas. Die Paarl Post se kantoor sluit Woensdag 15 Desember om 14:00 en heropen op Maandag 10 Januarie. Alle plaaslike bydraes word in ’n afsonderlike bankrekening inbetaal en deur die Gemeenskapskas teruggeploeg in die Paarlvallei in organisasies soos ouetehuise, maatskaplike dienssentrum, sentrums vir gestrmedes en epilepsie, kinderhuise, die nagskuiling asook plaaslike kleuterskole. Skenkings kan direk inbetaal word in die Gemeenskapskas/Paarl Post Kersfondsrekening 6215 202 9007 by FNB (taknr 261150) en faks die strokie na 086-270-3693 (aandag Kersfonds). Navrae by 021-870-4602.
More
News
|