Diewe gevang
2010-12-09
Bruce Blyth het rede om te glimlag, nadat hy en lede van die gemeenskap daarin geslaag het om ’n dief wat ’n groot hoeveelheid geld by hom gesteel het, vas te trek.
Blyth het Vrydagmiddag voor ’n troeteldier-winkel in die Paarl Hoofstraat stilgehou vir sake. Kort hierna het hy gehoor hoe die alarm van sy motor afgaan. Hy het ’n man wat sy motorruit stukkend geslaan en ’n aktetas gegryp het, agternagesit. Lede van die publiek het gevolg. Die dief is kort hierna op Van der Poelsplein vasgetrek en is in hegtenis geneem deur munisipale wetstoepassers, Fahmie Anter en Tanya Ross. Binne-in Blyth se aktetas was meer as R10 810.
’n Woordvoerder van die polisie, kapt Louise du Plessis, waarsku die publiek om baie versigtig te wees wanneer hulle kontant by hulle dra. “Dikwels word slagoffers dopgehou in banke en dan agtervolg nadat hulle ’n groot onttrekking in kontant gemaak het.”
More
News
|