Paarliet vier 100ste verjaarsdag
2011-01-13
Lise Beyers
’n BEKENDE Paarliet het 5 Januarie haar 100ste verjaarsdag gevier in goeie gesondheid.
Anna Theron, weduwee van die voormalige Direkteur (SGO) van Onderwys van die Kaapprovinsie, Fanie Theron, het in die teenwoordigheid van familie en vriende hierdie groot gebeurtenis gevier by Huis Vergenoegd.
Sy is in Wesselsbron gebore en sy en haar man het voor hul aftrede in Klein Drakenstein op Palmietvlei-plaas geboer.
Sy het drie oorlewende kinders, Anieka Malherbe, Pieter Theron en Jalauw Meades asook 13 kleinkinders en 15 agterkleinkinders
More
News
|