Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun (15) verloor stryd teen kanker

Seun (15) verloor stryd teen kanker
 
2011-01-13


’n PAARLSE tiener, Dillon Fortuin (15), het Maandag die stryd teen kanker verloor. Hy is in die Rooi Kruis Kinderhospitaal oorlede net meer as ’n jaar nadat beenkanker by hom gediagnoseer is.

Dillon sal deur baie onthou word as die klein seun met die groot hart. Sy jaarlange stryd teen kanker was ’n moeilike een, maar hy het altyd gesorg vir ’n glimlag op almal se gesigte met sy humoristiese persoonlikheid.

Nadat Dillon in Desember 2009 gediagnoseer is met beenkanker is daar besluit om sy been te amputeer. ’n Dokter het egter sy dienste gratis aangebied om ’n operasie te doen en sodoende sy been te red.

Die kanker het egter weer onlangs sy verskyning gemaak en Dillon se toestand het verswak, voordat hy verlede naweek in die hospitaal opgeneem is.

Daar het hy kort voor sy dood Maandagoggend die geneeshere bedank vir alles wat hulle vir hom gedoen het, het sy vader aan die Paarl Post gesê.

Dillon word oorleef deur sy ouers, Quinton en Sandra, en ’n suster, Chanelle (21).

Die begrafnis is Vrydag om 10:00 by sy ouerhuis te Disa-straat 6D in die Paarl, en om 11:00 in die VGK Zionskerk.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za