Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hittegolf tref Paarlvallei

Hittegolf tref Paarlvallei
 
2011-01-13

Lise Beyers

Die Bergrivier in die Paarl het verlede week behoorlik na ’n vakansie-oord gelyk, soos wat mense lafenis in die koel waters gesoek het tydens die versengende hittegolf wat die vallei vir vyf dae in ’n wurggreep gehad het.

Tot 46°C is in die vallei aangeteken tydens dié week.

Dit was egter nie alles plesier nie. ’n Jong seun van Klapmuts, Randwill September (8), het Woensdagmiddag in ’n plaasdam naby dié dorp verdrink, toe hy en vriende die hitte ook probeer ontsnap het.

Sy liggaam is later deur polisieduikers uit die water gehaal.

’n Man is ook verlede Woensdagmiddag voor ’n winkel in Lady Greystraat dood, moontlik weens hitte-uitputting. Winkelassistente het hom te hulp gesnel, maar dit was te laat.

Volgens familielede van Benjamin George (25) het hy wel aan hartversaking gely, maar sy toestand is verlede week vererger deur die versengende hitte, toe die kwik by 42 gedraai het.

George se begrafnis vind Saterdag om 09:00 vanaf die huis te Polonaisestraat 63, Groenheuwel, plaas, en daarna by die Pinksterkerk in Simfonielaan.



More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za