Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Johan Mouton oorlede

Johan Mouton oorlede
 
2011-01-13

Christine Siebritz

’n OUDBURGEMEESTER van Wellington, dr Johan Mouton, is op 20 Desember in die ouderdom van 87 jaar oorlede.

Dr Mouton het in April 1997 uit die stadsraad getree nadat hy elf jaar lank raadslid van die destydse Wellingtonse Munisipale Raad was. Hiervan het hy vier jaar as onderburgemeester en vier jaar as burgemeester gedien.

In 1990, met die aanvang van die onderhandelingsprosesse in Suid-Afrika, was dr Mouton voorsitter van die onderhandelingsforum tussen statutêre en nie-statutêre groepe.

Hy was ook voorsitter van die Pre-Interim Raad wat uit hierdie forum gevloei het en wat die dorp vir tien maande bestuur het tot met die eerste demokraties-verkose stadsraad in November 1995.

Dr Mouton was ’n voormalige hoofbestuurder van Langeberg en het oorspronklik gekwalifiseer as sielkundige. Hy het later ’n MBA behaal.

Mede-raadslid Herman Bailey onthou hom vir sy nugtere beredenering van sake, en sy kalmte onder moeilike omstandighede.

Dr Mouton was ook die dryfkrag agter die Masakhane-projek, wat ingestel is om plaaslike projekte aan te pak tot voordeel van die gemeenskap.

Onder dr Mouton se leiding is die Masakhane-deernisprogram ontwikkel vir gesinne wat nie die vermoë gehad het om hul finansiële verpligtinge teenoor die Raad na te kom nie. Dié projek het later ’n toekenning verower. en is wyd nagevolg.

Dr Mouton het die breë gemeenskap ook op ander terreine gedien. Hy was die eerste voorsitter van die Raad van die Bolandse Onderwyskollege, was jare lank kerkraadslid van die Moedergemeente, en ook direksielid van die Wamakersvallei Opleidingsentrum. In 1996 was hy saam met Herman Bailey die ontvanger van die eretoekenning “Wellingtonner van die Jaar,”

Hy was ook ‘n krisantekweker en het gereeld die SAD Halfmarathon gehardloop.

Die gedenkdiens in die Moederkerk is onder blyke van groot deelneming waargeneem deur ds Hans Linde, ’n jarelange buurman en vriend. Die huldeblyk en lewensoorsig is waargeneem deur Herman Bailey, wat oor baie jare nóú met dr Mouton saamgewerk het.

Dr Mouton laat drie dogters – Sibis, Magdalena en Petra – en sy vrou Estelle agter. Sy eerste vrou, MP, is enkele jare gelede oorlede.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za