Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wie was Lady Loch?

Wie was Lady Loch?
 
2011-01-27

Christine Siebrits

’n GESKIEDKUNDIGE lint in die Ouma Granny Huismuseum in Wellington is vanjaar 120 jaar oud. Dit is gehanteer deur Lady Loch, na wie die bekende brug op Wellington vernoem is.

Lady Loch, eggenote van Sir Henry Brougham Loch (die destydse Goewerneur van die Kaap), het die lint op die brug geknip op 11 September 1891, toe dit geopen is.

Dié houtbrug oor die Bergrivier tussen Wellington en Hermon het gestaan waar die ysterbrug vandag staan.

Dit is in die omgewing waar alle verkeer vroeër jare per pont die rivier oorgesteek het.

Die bekende Lady Anne Barnard van die Kaapse Kasteel, was in 1797 op ’n uitstappie na die “country” (platteland). Volgens haar was die destydse Wagenmakersvallei een van die pragtigste in die omgewing. Om daar te kom is sy met ’n pont oor die Bergrivier.

Die eerste brug wat Wellington met die Swartland verbind het, was ook ’n houtbrug. Dit is op 13 September 1853 geopen.

Twee stukke van dié houtbrug word in die Wellington Museum bewaar.

Omdat die brug van hout gemaak was, moes dit herhaaldelik herstel word. Sy toestand het deur die jare geleidelik versleg en ten einde laaste is die huidige ysterbrug opgerig. Dit is op 10 Februarie 1911 voltooi.

Die “nuwe old lady” dien steeds die gemeenskap (al het dit steeds net een baan). Dit blyk dat daar moontlik herstelwerk van die brug in die vooruitsig is.




More News
  • Om die braaivleisvuur met Jan Braai
  • Versoeningsfees met fakkelloop
  • Iets spesiaal vir die beste braai denkbaar
  • Bok-fever strikes Paarl as Rugby kicks off
  • Hoe keer ’n gevangene terug na die gemeenskap?
  • Mr Winelands aangewys
  • Vreugde ná eerlikheid met vol beursie
  • Horses on gentle gallop to recovery
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za